Ryk van Niekerk praat met Michan Conradie, medestigter van Ami Pod, die eerste gas-verwarmde warmbad (hot tub) in Suid-Afrika, wat nie net energiedoeltreffend is nie, maar ook omgewingsvriendelik. Sy en haar man, Emile, besit die besigheid.
Ryk van Niekerk praat Alita du Plessis, stigter van Purple Carrot. Hulle vervaardig en verkoop hoë kwaliteit juweliersware. Sy het 'n tekort aan plaaslike verskaffers van ontwerper vlekvrye staaljuweliersware in Suid-Afrika raakgesien, en toe besluit om Purple Carrot te begin.
Ryk van Niekerk praat met Basil Williams, medestigter en besturende direkteur van Herbal View, ’n kruiemaatskappy tussen die Stellenbosch-berge. Basil en sy sakevennoot (en suster), Caroline Williams, het die besigheid in 1998 begin as 'n gemeenskapsinisiatief vir werkskepping en vaardigheidsontwikkeling. Vandag is dit 'n 5ha-kruiemaatskappy in Stellenbosch.