Ryk van Niekerk praat met die redakteur van MyBroadband, Jan Vermeulen, oor hoe klein ondernemings aanlynplatforms soos Amazon en Takealot tot hulle voordeel kan gebruik.
Ryk van Nierkerk praat met Imtiyaaz Riley, die bestuurshoof en medestigter van LOOP. Dié onderneming laat pendelaars toe om minibustaxi’s aanlyn te bespreek (soos Uber), en maak onmiddellike ‘Tap-to-Phone’-betalings moontlik vir minibustaxi-pendelaars en -operateurs. Hy praat ook met Marietjie Engelbrecht van UVU Africa oor ondersteuning vir klein ondernemings soos LOOP.
Ryk van Niekerk praat met George Foley, oudjoernalis, gesertifiseerde finansiële beplanner, entrepreneur en skrywer, oor sy boek met verskeie sake-idees, DREAM BIG START SMALL - 1000+ BUSINESS IDEAS YOU CAN START TODAY.
Ryk van Niekerk gesels met Adriaan Rootman, die eienaar van Luxury Time. Hulle verkoop outentieke tweedehandse horlosies van vooraanstaande handelsmerke soos Rolex, Omega en Cartier.
Ryk van Niekerk praat met Floors Human van Africars. Africars maak draadkar-bakkies, 4x4’s, motors, vragmotors en karavane. Die besigheid is op die been gebring om werkloosheid aan te pak op ’n plaas in die hartjie van Suid-Afrika.