Hier is die ding… Die Bybel is natuurlik ń kritiese deel van ons geloof, maar tog het mense soveel vrae rondom dit:
Hoe kan ek die Bybel vertrou?
Hoe lees ek die Bybel dat dit vir my sin maak?
Hoe weet ek dat dit wat die oorspronklike skrywers geskryf het, dieselfde is as wat vandag nog in my Bybel staan?Hierdie is alles vrae wat ons aanspreek in die volgende paar weke.
Ons wil jou graag bemagtig om die Bybel beter te verstaan, sodat dit vir jou ń kragtige invloed en riglyn in jou lewe kan wees.