Ons leef in u'n uitdagende tyd met hoë lewenskostes, rentekoerse en baie onsekerheid hoe om die toekoms te benader finansieël. In hierdie reeks wil ons kyk na wat sê die Woord vir ons rondom finansies. Ons kyk na interessante fokusse onder andere skuld, voorsiening en rentmeesterskap. Die doel is om God se wil te volg, hoop te bring en saam die Here te vertrou vir deurbrake en guns in ons finansies.