Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.
January 27, 2025Erfenisgebiede op die maanDie Wêreld Monumentefonds het vir die eerste keer gewaarsku teen skade aan erfenisgebiede wat nie op die aarde is nie. Die maan het meer as 90 historiese gebiede, wat gekoppel word aan menslike aktiwiteite daar....more2minPlay
January 24, 2025Andries van PretoriaAndries de Beer se eerste gedig oor sy ma verskyn in 1993 in sy laerskoolkoerant. In 2010 staan hy die eerste keer voor ’n mikrofoon, en begin om interkulturele musiek-en-poësie-aande reël. Johan Rademan het met Andries, ook bekend as Andries van Pretoria, gesels....more9minPlay
January 24, 2025360 Speseryroete - Deel 68Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van garnaalpasta, ’n gewilde gefermenteerde pasta of sous, uit Suidoos-Asië....more11minPlay
January 24, 2025Kirsten Neuschäfer vereerSeiljagvaarder Kirsten Neuschäfer het pas van Brasilië af die Kaapse hawe ingevaar met haar seiljag, Minnehaha. Sy is die wenner van die 2022 Golden Globe-seiljagvaart om die wêreld. Hiervoor, en vir die redding van ’n mededinger, is sy met die Hertogin van Kent-toekenning vereer....more9minPlay
January 24, 2025Die polisie, die dagga en die rotteHouston se polisie het meer as 400 000 pond se dagga, wat as bewysstukke gehou word. Dit lok egter rotte, wat behalwe vir skade aan die dwelms, ook skade aan ander bewysstukke aanrig....more2minPlay
January 23, 2025Basil May se passiesBasil May is 'n bekende in die Wes-Kaap se onderwyskringe. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy komvandaan, Swellendam, en van die tragiese gebeure toe sy suster op 13 oorlede is in 1975 se Swellendam-busramp. 42 jaar later, op die herdenking van dié tragedie, was Basil instrumenteel in die stigting van die Swellendam-beursfonds. Haidee het saam met hom 'n koppie koffie gedrink, en hom gepols oor sy passies en sy keurige gebruik van Afrikaans....more10minPlay
January 23, 2025Jonk 23 Januarie 2025Dieetkundige Valpré Huisamen vertel van inositol as ’n voedingsaanvulling, wat gereeld in haar praktyk voorgeskryf word....more5minPlay
January 23, 2025Duur gedroogde skilleIn China word gedroogde mandarynskille in tradisionele medisyne, en in kos as geurmiddel gebruik. Van die chenpi wat 50 jaar oud is, kos R360 000 per kilogram!...more2minPlay
January 22, 2025Grootste byeenkoms in wêreldHelené van Tonder vertel vir Martelize Brink van die grootste saamtrek van mense wat tans in Indië plaasvind....more9minPlay
January 22, 2025Gamtoos Water doen dit wéérTe midde van verskeie watervoorsieningsdienste wat ten gronde gaan, funksioneer Gamtoos Water in die Oos-Kaapse Gamtoosvallei voortreflik. Dié instansie is onder meer verantwoordelik vir waterlewering uit die Kougadam na die landboubedryf asook die Kouga- en die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit. Om die dam se waterkwaliteit uitstekend te help hou, het Gamtoos Water help sorg dat vier rioolsuiweringsaanlegte in die Langkloof weer in 'n 100% werkende toestand kom. Die bestuurshoof van Gamtoos Water, Rienette Coleske, het met Mariska Spoormaker hieroor gepraat....more6minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.