Dr. Sonja Lewis, ’n tandarts van Kaapstad, en haar fisioterapeut-suster, Laurika, deel 'n praktyk in Kuilsrivier. Hulle wou terugploeg, veral op die platteland om behoeftige gemeenskappe te dien. Toe begin Sonja haar eie projek om gratis gesondheidsdienste te voorsien op klein plattelandse dorpies, met Laurika wat hand bysit aan die administratiewe kant. Sonja is ook nie bang om haar pelle in die mediese bedryf nader te hark nie. Haidee Muller-Isaacs het meer gaan uitvind.