Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.
January 14, 2025Trou vir Instagram?‘n Vrou in Australië se huwelik is nietig verklaar nadat haar verloofde van twee dae haar mislei het met ‘n verrassingstroue. Hy het gesê dit is slegs vir ‘n video vir Instagram. Twee maande later vind sy uit die troue is geldig....more2minPlay
January 13, 2025SANCCOB se pikkewynrehabilitasieMartelize Brink het SANCCOB se rehabilitasiesentrum en skuiling vir pikkewyne besoek, waar Michelle Liebenberg, seniorrehabiliteerder, verduidelik watter pikkewyne permanent gehuisves word weens hulle beserings, en hoe lank die gerehabiliteerde pikkewyne moet kan swem voordat hulle in die natuur vrygelaat kan word....more11minPlay
January 13, 2025Wat is neuroplastisiteit?Jolanda Jacobs verduidelik wat neuroplastisiteit is, en hoe jy jou brein kan herbedraad om dit 'n hupstoot te gee....more8minPlay
January 13, 2025Moenie jou kersboom eet nie!Die stad Gent in België het inwoners aangeraai om, as deel van kersboomherwinning, die dennenaalde te eet. Die Federale Agentskap vir Voedselkettingveiligheid het toe uitgewys dat dit dodelik kan wees......more2minPlay
January 10, 2025Janet se praatpoppeHaidee Muller-Isaacs loer in by poppeversamelaar, Janet Koekemoer-Jooste. Sy leer ken Janet se pratende poppe, wat al ouer as syself is. Janet herstel ook self haar poppe, en maak klere vir hulle. Die pop-parte is 'n duur storie, want dit word meestal ingevoer uit Amerika....more11minPlay
January 10, 2025360 Speseryroete - Deel 66Lydia Von Wielligh-Steyn vertel verder van die gebruik van speserye in parfuum....more11minPlay
January 09, 2025Benno-Lutz se Dak van Afrika-ervaringBenno-Lutz van der Merwe is n driekampatleet en ysterman. Hy het sonder motorfietservaring en met net ‘n week se voorbereiding, op die ingewing van die oomblik besluit om saam met ‘n vriend die Dak van Afrika te takel. Sal jy ook so iets verstommends radikaal in 2025 aanpak? Johan Rademan het gaan uitvind....more7minPlay
January 09, 2025Jonk 9 Januarie 2025Valpré Huisamen, 'n geregistreerde dieetkundige, verduidelik hoe kreatien in jou liggaam funksioneer....more7minPlay
January 08, 2025Lize Jonck se kunsMartelize Brink het op Groot Brakriver by kunstenaar Lize Jonck ingeloer, en gesels oor haar pad van die gasvryheidsbedryf tot kunstenaar....more9minPlay
January 08, 2025Hier is klimaatsverandering al lankal aan die gangKlimaatsverandering is deesdae die gonswoord, en ons hoor allerlei redes hoekom dit gebeur. Maar diep in die Winterhoek en Baviaanskloofberge ervaar boere al lankal klimaatsverandering. Meer as 40 jaar gelede het dit byvoorbeeld nog gereeld daar gesneeu en het die Grootrivier standhoudend geloop, onthou Bennie Rathbone van die gasteplaas Hadley. Mariska Spoormaker het met hom by 'n vleisbraaivuur gepraat....more8minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.