Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.
December 27, 2024Celeste Blaauw, die reisigerDie reisgogga het Celeste Blaauw in die jare sestig op kampus gebyt. Daai gogga het haar nooit gelos nie. Dit laat jou vooroordele oor ander verdwyn, sê sy. En, sy is 'n reisiger, nié 'n toeris nie vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs....more9minPlay
December 27, 2024Plastiekoë veroorsaak skadeDie stad Bend in Oregon in die VSA vra dat inwoners nie plastiekoë op standbeelde en muurskilderye plak nie. Die gom rig skade aan, en dit kos geld om die oë te verwyder....more2minPlay
December 26, 2024SA-calamari die beste, maar...Op jou restaurantbord is dit calamari, in die oseaan is dit inkvis, en in vissermanstaal is dit chokka wat in die Indiese oseaan tussen Oesterbaai en Nelson Mandelabaai gevang word. En dit is van die beste calamari in die wêreld – ’n lekkerny wat ongelukkig min Suid-Afrikaners beskore is, want dit word hoofsaaklik na Europa uitgevoer. Mariska Spoormaker het hieroor gepraat met Clive Cantor, calamari-kenner van Port St. Francis....more8minPlay
December 26, 2024Kattemaai op 'n Griekse eilandDie Griekse eiland, Syros, het saam met 25 000 mense ook 3 000 straatkatte as inwoners. Hulle soek vrywilligers om minstens ‘n maand op ‘n slag daar te help om katte te versorg....more2minPlay
December 24, 2024Bellville se kostuinHaidee Muller-Isaacs het gaan inloer by Bellville se heel eerste kostuin, waar 'n man wat voorheen haweloos was, vir haar vertel hoe groentekweek sy ganse lewe verander het. Hy woon deesdae saam met ander ywerige tuiniers in 'n ou pastorie in Bellville....more6minPlay
December 24, 2024Replika Harry Potter-swaarde oortree Japan se wapenwetIn Japan is ‘n replika van die Gryffindorswaard uit ‘n Harry Potter-film vir ‘n jaar lank verkoop. Owerhede het later besef die replika is skerp genoeg om ’n wapen te wees, wat wetgewing oortree. Die swaarde is nou herroep....more2minPlay
December 23, 2024SA se skilpaaieEsther Matthew vertel vir Christelle van Tonder van Suid-Afrika se skilpaaie, en hoe gemaak as jou paaie met een kruis....more13minPlay
December 23, 2024Jakes Gerwel se huis van skrywers en storiesAan die voet van die Bosberg in KwaNojoli, oftewel Somerset-Oos in die Oos-Kaap, staan die Paulet-skrywershuis. Dié historiese huis was eens ’n holte vir die baie besige voet van die bekende Jakes Gerwel, wat onder meer direkteur-generaal in Nelson Mandela se presidensiële kantoor was en ook rektor van die Universiteit van Wes Kaapland. Mariska Spoormaker het by die huis gaan inloer en gepraat met Theo Kemp, uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel-stigting....more8minPlay
December 23, 2024Visserman trek vrou uit‘n Visserman op Mosselbaai het tot ‘n vrou se redding gekom nadat ‘n seestroom haar meegesleur het. Die visserman het sy tot by haar ingegooi. Sy kabeljouhoek het in haar denim gehaak, en hy kon haar inkatrol vlakwater toe....more2minPlay
December 20, 2024Bou blokkie bouHaidee Muller-Isaacs loer in by 'n boublokkie-uitstalling in Durbanville in die Kaap. Daar hoor sy meer oor bloublokkieklubs en mense wat passievol oor dié lekker stokperdjie is....more7minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.