Driesestig

Driesestig

Download on the App Store

Driesestig episodes

  • Tinarie van Wyk-Loots in drie produksies by KKNK
    Tinarie van Wyk-Loots vertel vir Martelize Brink van haar deelname aan vanjaar se KKNK. Sy is regisseur vir die debuut van Ingrid Winterbach se MOEDSWIL EN MUITERY, asook ’N BEGIN met die akteurspaar Cintaine Schutte en Carel Nel. Sy is ook op die verhoog te sien in Marianne Thamm se SONDE MET DIE SPOKE.
    10 min
  • Museumliefde
    Shirley en Nicodemus Olivier gesels oor Nicodemus se ``ligte" obsessie met museums, en hoe hy uiteindelik vir haar ook aangesteek het. Shirley en hulle seun, Nicodemus jnr, is pas deur Nicodemus snr bederf met 'n museumtrippie na Pretoria. Daar het Shirley vir die heel eerste keer die Voortrekkermonument gesien, en 'n draai gegooi by Paul Kruger se huis. Sy was erg emosioneel, en absoluut gefassineer.
    9 min
  • Botox-verbod by komedieklub
    London se Top Secret komedieklub het ‘n verbod op botox geplaas. Komediante sukkel om die gehoor te lees as die gesigte nie emosie kan wys nie. Nou moet jy bewys jou gesig kan beweeg voordat jy toegang tot die vertonings kry.
    2 min
  • Diefstal dryf Hannes na kaasmaak

    Was dit nie dat diefstal tydens die grendelperiode gemaak het dat hy sy onderneming gesluit het nie, sou Hannes Geyer seker nooit by kaasmaak uitgekom het nie. En deesdae praat die mense sommer van Hannes Haloumi, omdat sy haloumi verby lekker is, soos Mariska Spoormaker agtergekom het toe sy gaan proe het.

    8 min
  • Gerda se blokraaie en KI
    Gerda Engelbrecht is alombekend vir die blokraaie wat sy opstel vir 'n paar bekende tydskrifte en koerante. Haidee Muller-Isaacs het met haar gepraat oor kunsmatige intelligensie, en of daardeur bedreig voel. Gerda vertel van die dinge waarmee sy haarself besig hou, soos 'n nuwe podsending, selfs al is daar maar bitter min tyd in haar dag.
    9 min

About Driesestig

From the publisher's feed

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.