Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.
January 07, 2025Êrens oorsee 7 Januarie 2025Martelize Brink gesels met Petra Bainbridge oor haar lewe en werk op die Isle of Man....more10minPlay
January 07, 2025Warnell se wedlopeWarnell Engelbrecht sê hy het aan wedlope begin deelneem om hom uit die kwaad te hou. Hy het pas ‘n wedloop van 320 km voltooi. Hy vertel ook vir Haidee Muller-Isaacs van sy gehoorgestremdheid, hoe hy nog nooit toegelaat het dat dit hom terughou nie....more7minPlay
January 06, 2025Suid-Soedan se aasvoëlsAndré Botha, bestuurder van die Aasvoëls vir Afrika-program van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe vertel van die aasvoëls in Suid-Soedan....more16minPlay
January 06, 2025Meertaligheid + lees = meer werksgeleenthedeChumani Makunga van Oos-Londen se ouma het só geglo dat haar kleinkind meertalig moet wees, met die gevolg dat hy vandag Xhosa, Afrikaans en Engels vlot praat. Chumani se meertaligheid is ook goud werd vir die Small Projects Foundations, wat onder meer skoolkinders in die Oos-Kaap se oë toets, want hy kan met die leerlinge in hulle onderskeie moedertale kommunikeer. Mariska Spoormaker het hom tydens 'n oogtoets-sessie by Pearston Primêr ontmoet....more8minPlay
January 03, 2025Beeldepark in fynbostuinPringlebaai is seker die enigste dorp in die land wat ’n beeldepark in ’n fynboskatedraal by sy ingang het. Mariska Spoormaker het gaan inloer en daar die man agter die projek, Janko de Beer, ontmoet....more8minPlay
January 02, 2025Ds. André se SimondiumElke keer wanneer Haidee Muller-Isaacs by ds. André Boezak inloer, is daar 'n storie te vertel. Dié keer het hy in sy grootwordplek, Simondium, se boksie gaan krap. Haidee was natuurlik die ene ore, want as ds. Boezak eers stories begin vertel, wíl 'n mens luister....more13minPlay
January 01, 2025Skattejag in die Karoo en KontreiNuwejaarsvoornemens verdwyn gewoonlik vinniger as ys by ‘n braaivleisvuur, maar Adri Smit is vasbeslote om met ‘n skattejag, Ons Karoo en Kontrei, weer op die kaart te plaas. Sy deel haar entoesiasme met Johan Rademan, maar nooi ook alle plattelanders om te help met stories en geskiedenis van hulle omgewing....more6minPlay
December 31, 2024Oppiwater-radioteater: MY WONDERLIKE MAN deur Joe KleinhansElke jaar tydens die Oppiwater Kunstefees kry die feesgangers ‘n blik agter die skerms van hoe ‘n radioteater opgeneem word. Johan Rademan is die regisseur van MY WONDERLIKE MAN, wat voor ‘n gehoor op die kunsteboot opgeneem is....more33minPlay
December 30, 2024Sulayman se groot klavierpassieDie 31-jarige Sulayman Human is op Dysselsdorp buite Oudtshoorn gebore. Haidee Muller-Isaacs het laas met hom gesels toe hy nog besig was met my BMus-graad aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het vanjaar die gesogte Pnina Salzman Memorial-toekenning in Israel ingepalm. Sulayman verwys glad nie na sy toekennings nie, maar Haidee het in die St. Saviour Katedraal op Oudtshoorn langs hom by die orrel gaan sit, waar hy elke Sondag speel, en lekker met hom gesels oor sy groot klavierpassie....more8minPlay
December 27, 2024Trans-Agulhas opblaasboot-uitdagingWilko du Preez vertel van die Trans-Agulhas opblaasboot-uitdaging waaraan hy en sy navigator, Duan Hough, deelneem. Duan het pas matriek voltooi....more11minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.