Driesestig

Driesestig

Download on the App Store

Driesestig episodes

  • "Ons help jou om jouself te help"
    Armoede en werkloosheid is ‘n harde realiteit in Missionvale, 'n woongebied in Nelson Mandelabaai. Tog glo die Missionvale Versorgingsentrum dat 100% liefdadigheid die boodskap uitstuur dat die ontvangers daarvaan nie in staat is om na hulleself om te sien nie. Gevolglik het die sentrum onder meer ’n vrywilligersprogram in plek waarbinne betalingsbewyse verdien kan word vir onder meer kos en klere. Mariska Spoormaker het gaan inloer.
    8 min
  • Bitcoinfortuin in stortingsterrein
    James Howells oorweeg dit om ‘n aanbod op ‘n stortingsterrein te maak. In dié stortingsterrein is ‘n hardeskyf met Bitcoin ter waarde van £600 miljoen, wat sy eksmeisie per ongeluk weggegooi het.
    2 min
  • Christa se narratiewe terapie
    Ons hoor hoe Christa Havenstein, 'n pianis en orrelis, narratiewe terapie begin studeer het. Johan Rademan het in die middel van die Suid-Atlantiese oseaan op St. Helena, 2 000km van die naaste Afrikakuslyn, met haar gesels toe sy danksy moderne kommunikasie haar klasse kon bywoon.
    7 min
  • Slangnes in Sydney
    ‘n Slangvanger in Sydney is ingeroep toe sowat ses giftige slange in ‘n tuin gesien is. Toe hy hulle begin vang, is hy met 102 slange daar weg!
    2 min

About Driesestig

From the publisher's feed

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.