Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.
November 15, 2024'n "Beer" se vesekeringIn Kalifornië is vier mans vas nadat hulle versekeringseise ingestel het vir skade, wat ‘n beer glo aan drie motors aangerig het. ‘n Kenner het na die videobewyse gekyk, en gesê mens kan mos sien dis ‘n mens in ‘n beerpak. ‘n Beerpak is toe wel in een van die verdagtes se huis gevind....more2minPlay
November 14, 2024Skaak maak Gideon ‘n beskuitbakkerIn 2006 is die Baaienaars, Gideon en Johanna Swanepoel, se drie seuns gekies om vir die SA-skaakspan in Griekeland te gaan speel. Geld groei nie aan bome nie, gevolglik het Gideon beskuit begin bak om die koste te help dek. Sedertdien het hy nooit ophou bak nie. Mariska Spoormaker het sy gemmerbeskuit geproe, verlief geraak daarop, en hom by die Crossways Farm Village-Markiedag gaan opsoek....more8minPlay
November 14, 2024Jonk 14 November 2024Prof. Donita Africander praat oor perimenopouse en die simptome wat vroue ervaar....more10minPlay
November 14, 2024Australiese man los sy vrou sonder paspoort in Soedan‘n Man van Australië is tot vier jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy gesin na Soedan geneem het vir vakansie, maar toe teruggevlieg het met sy vrou en kinders se paspoort. Hy het haar net daar gelos....more2minPlay
November 12, 2024Êrens oorsee 12 November 2024Marli Coetzee vertel van die lewe in Suid-Korea, waar sy sedert 2019 Engels-klasse gee....more12minPlay
November 12, 2024Frankford se vele passiesHaidee Muller-Isaacs praat met Frankford Williams oor sy betrokkenheid by 'n verskeidenheid organisasies wat blindes en gestremdes dien. Frankford is voorsitter van Blind...more9minPlay
November 12, 2024Klei in skoonheidsprodukteNicolene Dreyer vertel vir Martelize Brink van Kalahari-rooiklei en Kaapse witklei, wat in skoonheidsprodukte gebruik word....more8minPlay
November 12, 2024Studente op fietse maak China bangVier studente se nagtelike fietsrit na ‘n dorpie 50 km weg, het ’n sosialemedia-sensasie veroorsaak. Vrydagaand het tussen 100 000 200 000 jong mense per fiets die rit aangepak, en die owerhede onrustig gemaak....more3minPlay
November 11, 2024Skoenlappers op MosselbaaiMartelize Brink besoek Earl White van die Butterfly Sanctuary op Mosselbaai. Hy verduidelik hoe hulle met skoenlappers teel, om bevolkings te versterk, en van die interessante wisselwerking tussen skoenlappers, plante en insekte....more10minPlay
November 11, 2024Hartseer oor plaasskole wat verdwynKrimpende leerdergetalle en begrotingsdruk het die afgelope paar jaar talle plaasskole laat sluit. Beulah Primêr tussen die Baviaanskloof- en Klein Winterhoekberge is een van die skole wat moes sluit. Anine Rathbone, voormalige hoof, sê ’n plaasskool is ’n gemeenskapshart, daarom is die sluitings daarvan so ’n hartseer saak....more8minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.