Driesestig

Driesestig

Download on the App Store

Driesestig episodes

  • Piepklein biblioteek gee hoop
    Die piepklein Sandhills-biblioteek in die Hexriviervallei is plaaseienaar Mara Le Roux se droom om kinders en mense wat nie so bevoorreg is nie, vlerke te gee. Want deur te lees en om mense lief te maak vir lees, kan jy hulle wegneem uit ‘n harde wêreld van werklikheid en net vir daai klein tydjie in daardie droomwêreld laat leef waarin hulle kan vergeet. Dit bied ook die geleentheid om te verbeter in dit wat hulle wil doen, of kan doen, want sonder lees kan ons kinders nie gaan leer nie.
    8 min
  • Versigtig met die voëlbad se water!
    Maak baie seker van die gehalte water wat jy in jou visdam of voëlbad sit, want water wat te veel nutriënte bevat en skadelike bakterieë laat groei, kan giftig wees vir voëls. In Nelson Mandelabaai moes twee hamerkoppe onlangs vir botulisme, wat verlamming veroorsaak, behandel word. Arnold Slabbert van die Urban Raptor Project het vir Mariska Spoormaker hiervan vertel.
    8 min
  • Die Skotte en hul katte
    Die Skotse eerste minister, John Swinney, is vandeesweek genoodsaak om Skotte gerus te stel dat daar nie ‘n verbod op huiskatte geplaas sal word nie. Huiskatte vang onder andere bedreigde diere, en ‘n verslag van onafhanklikke kenners stel voor dat katte by die huis moet bly, op ‘n leiband moet wees, en nie in sekere gebiede toegelaat moet word nie.
    2 min
  • The Town’s House op Mosselbaai
    Martelize Brink gesels met Jessica van der Schyff by The Ttown’s House, die tweede oudste munisipale gebou op Mosselbaai. Deesdae word dit gebruik as afsetpunt vir plaaslike kunstenaars se produkte.
    5 min
  • Amerikaanse eierroof
    Op 1 Februarie is 100 000 eiers by ‘n kleinhandelaar geroof. Voëlgriep in die VSA is verantwoordelik vir eiertekorte, wat dit baie duurder gemaak het.
    2 min
  • Êrens oorsee 4 Februarie 2025
    Jacobus Diener vertel vir Martelize Brink van die lewe in Palapye, Botswana, waar hy ‘n dosent is. Hy vertel onder andere van mopaniwurms op die spyskaart, en die vieringe met die land se eerste gouemedalje by die 2024 Olimpiese Spele.
    10 min

About Driesestig

From the publisher's feed

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.