Net so stilletjies soos die drywende vulstasieskepe, of brandstofskepe, in 2016 in Algoabaai verskyn het, só stilletjies het hulle verdwyn. Toe die skepe nog daar was, was die omgewingswetenskaplike, Ronelle Friend, deel van die veldtog om die skepe uit die Baai te probeer kry. Mariska Spoormaker het met haar gepraat.