Wie sou ooit kon dink dat die naam van die Oos-Kaapse kusdorp, St. Francisbaai, glad nie verband hou met die heiligverklaarde diereliefhebber, St. Francis van Assisi nie? Die plaaslike geskiedskrywer, Bartle Logie, het dié interessante feit genoem toe Mariska Spoormaker by hom gaan kuier het om die storie te hoor van Leighton Hullett, die man wat sy suikerboerdery in Kwazulu-Natal agtergelaat, en jare later St. Francisbaai met sy unieke kanaalstelsel ontwikkel het.