Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,453 episodes available.
June 15, 2026In die wêreld van landbou 15 Junie 202615 Junie 2026: Vandeesweek in landbounuus berig ons oor die voerkraalreus, Karan Beef, wat vleisuitvoere hervat; Suid-Afrika en Italië hoop om samewerking oor landbou en landbouverwerking uit te brei; Suid-Afrika se landboubedryf teken ’n rekordhandelsoorskot in die eerste kwartaal van 2026 aan; en, die Nasionale Wolkwekersvereniging bied sy 95ste kongres aan....more6minPlay
June 15, 2026Hoe vries ek vleis?Prof. Phillip Strydom vertel vir Martelize Brink hoe jy vleis behoort te vries, en dan weer te ontdooi....more10minPlay
June 15, 2026'n Restaurant te goed vir regeringsamptenareKing’s Joy, ‘n restaurant in China, is ‘n plek waar regeringsamptenare nie gesien mag word nie. Dis ‘n 3 ster-Michelinrestaurant, wat ook Michelin se Groen Ster vir volhoubare praktyke het. Met die goedkoopste dis wat $250 is, is dit heeltemal te uitspattig vir die regerende Kommunistiese Party....more2minPlay
June 12, 2026Ervaar die tradisionele plaaslewe op SoetmelksvleiLangs Babylonstoren in die Franschhoekvallei is ‘n werkende plaas, Soetmelksvlei. Hier word daar nog met die hand gewerk soos in die laat 19de eeu. Kom ruik, voel en beleef die era toe tydsintensiewe vaardighede nog sentraal tot die ekonomie gestaan het. Johan Rademan wou by die hoof van Soetmelksvlei, Adele Johnson, hoor wat alles op mense wag tydens die aktiwiteite van ‘n plaaswerf wat meer as 125 jaar terugstrek....more9minPlay
June 12, 2026360 Speseryroete: WildsvleisKos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel wat die ou geskrifte sê oor kosmaak met wildsvleis....more11minPlay
June 12, 2026Sonsambreel-verbod op die strandDaar is ‘n verbod op sonsambrele by ‘n strand in Sardinië. Net as jou gesin daar is met ‘n kind onder 10, of as jy ouer as 65 is, mag jy ‘n sambreel strand toe vat. Die toegangfooi tot die strand is 10 Euro, maar 5 Euro as jy met ‘n boot daar aankom....more2minPlay
June 11, 2026Fonteinname in SAProf. Matilda Burden vertel vir Martelize Brink van Opreisfontein, ‘n boek met fonteinname in Suid-Afrika en hulle stories....more12minPlay
June 11, 2026Jonk: Biometing in sportBiokinetikus Marius Cornelissen praat oor biometing in sport. Hy vertel wat mense meet en waarmee, van profesionele atlete tot fiksheidsentoesiaste....more12minPlay
June 11, 2026VSA en Kanada se gedeelde biblioteekDie Haskell Free Library and Opera House is op en oor die grens tussen Kanada en die VSA in Quebec en Vermont gebou. Nou is daar ‘n biblioteekdeur slegs vir Kanandese. Voorheen het almal oor die grens heen, dieselfde hoofingang aan die VSA-kant gebruik. In Oktober 2025 het die VSA dié praktyk gestop. Nou is ‘n nooduitgang aan Quebec se kant, omskep in Kanada se amptelike ingang....more2minPlay
June 10, 2026Breyton April, die jong visserman van BettysbaaiBreyton April se pa het hom al jonk-jonk geleer visvang. Op vyf het hy al sy eie visstok gehad, en vandag, op 24, is dit sy beroep. Haidee Muller-Isaacs het afgesit Bettysbaai toe om met hom te gesels. Nodeloos...more6minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,453 episodes available.