Klimaataktiviste blaas nou sportnutsvoertuie se bande af, en los ‘n pamflet om te verduidelik dat die voertuie nie planeetvriendelik is nie. Só probeer hulle mense ontmoedig om dié soort voertuie te koop, wat die grootste deel van die Verenigde Koninkryk se nuwevoertuigverkope uitmaak.