Brittanje se organisasie wat gidshonde vir siggestremde mense oplei, vra dat mense met tatoeëermerke op die gesig, baarde, snorre, en vreemde haarstyle soos ‘n mohawk, hulle moet help met opleiding. Navorsing wys dat honde skrik vir mense wat só lyk. As hulle met die klein hondjies speel, gee dit vir die honde ‘n positiewe ervaring, en help hulle om gemaklik en selfversekerd te wees.