Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.
March 22, 2024Nagmaal by die Dias-kruisOp 12 Maart 1488 het het die Portugese seevaarder, Bartolomeu Dias, tydens sy terugvaart na Portugal ‘n kruis by Kwaaihoek tussen die Boesmansriviermond en Boknes in die Oos-Kaap geplant. Meer as 500 jaar later het Marie Greyvenstein en ’n paar stappers by die kruis nagmaal gehou. Marie verduidelik aan Mariska Spoormaker hoekom hulle dit gedoen het....more7minPlay
March 22, 2024Slanggifpartytjies‘n YouTuber is gevang omdat hy slanggif as ‘n dwelm by partytjies verkoop het....more3minPlay
March 21, 2024Inklusiwiteit en gelykheidThys Blom, die voorsitter van die Wes-Kaapse Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede, praat oor die pad na inklusiwiteit en gelykheid....more9minPlay
March 21, 2024Pa en seun se rolbal-samesyn bring suksesMichael Boshoff het besluit hy wil saam met sy tienerseun, Nicah, ’n lekker buitemuurse aktiwiteit, wat kompeterend is, aanpak. Altwee het saam besluit op rolbal. Nou is die 15-jarige Nicah lid van die Oostelike Provinsie se onder-18-rolbalspalspan wat hulle provinsie by die Nasionale Rolbalkampioenskappe in Bloemfontein sal verteenwoordig. Mariska Spoormaker het by die Millpark-rolbalbaan gaan kyk hoe pa en seun rolbal speel....more8minPlay
March 21, 2024Chinese boikot gebottelde waterChinese boikot hulle rykste man se gebottelde water. Motiewe op die waterbottels herhinner aan Japan, en die Chinese bevolking voel dis nie patrioties genoeg nie....more3minPlay
March 20, 2024Anrich se droomrolAnrich Herbst gesels oor droomrolle, die op en af van die lewe as akteur, en wat hom gelukkig maak....more11minPlay
March 20, 2024Wat doen die Downsindroom-vereniging?Haidee Muller-Isaacs kuier by die Wes-Kaapse Downsindroom-vereniging in Bellville, waar sy meer uitvind oor die werksaamhede van hierdie organisasie....more8minPlay
March 20, 2024SA vrou se kuns na die maanSue Tatham vertel vir Martelize Brink hoe dit gebeur het dat een van haar kunswerke in November saam met NASA maan toe gaan....more7minPlay
March 20, 2024Eerste minister maak vragmotortoeters stilIn Kambodja het vragmotorbestuurders hulle vragmotors se standaard-toeters vervang met toeters wat deuntjies speel. Kinders en jongmense dans in die straat op die toeters se klank. Die eerste minister het ‘n verbod op die toeters geplaas siende dat die dansery die openbare orde versteur en gevaarlik is....more2minPlay
March 19, 2024So word spoorlyne gebouJan de Beer vertel in SO IS DIE LAND GEBOU hoe spoorlyne gebou word....more12minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.