London se moltreinowerhede het ‘n komediant versoek om die plakkate vir sy vertoning, Hot Diggity Dog, se ontwerp te verander. Weens die verbod op advertensies vir gemorskos, is Ed Gamble versoek om ‘n foto van ‘n halwe worsie van die plakkaat te verwyder. Hy het dit met ‘n halwe komkommer vervang...