Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.
March 04, 2024Trauma-aantekeninge word ‘n boekToe die pa van haar vier kinders gesterf het ná ‘n ernstige aanranding drie jaar gelede in Kariega, het Thando Jonas die swaar pad na herstel begin loop deur elke dag haar gevoelens en mikpunte neer te skryf. Op 'n dag het 'n vriendin haar herstel-dagboek gelees en die kort van die lang storie is dat dit nou in boekvorm saamgevat en uitgegee word. Mariska Spoormaker het met Thando gepraat....more7minPlay
March 04, 2024Gehoorverlies en sosiale isolasieAlida Naude vertel van die sosiale isolasie wat deur gehoorverlies veroorsaak word....more9minPlay
March 04, 2024Sokker in die sneeuLos Angeles FC het die naweek teen Real Salt Lake in ‘n profesionele sokkerwedstryd teen mekaar gespeel. Eers is die afskop met twee ure uitgestel weens ‘n weerwaarskuwing. Ná vier minute se spel is die spelers weens weerlig vir ‘n uur van die veld af. Toe spel hervat, was dit in die sneeu. Die sneeu het swaar bly val vir die res van die wedstryd....more3minPlay
March 01, 2024Penmaatklub vir senior burgersSy was nog altyd baie bekommerd oor die vereensaming wat veroudering vir sommige senior burgers bring, daarom het Madelane Scholtz met ’n penmaatklub vir hulle begin. Sy bedryf dit vanuit haar winkel in Gqeberha. Mariska Spoormaker het daar gaan inloer....more8minPlay
March 01, 2024360 Speseryroete - Deel 25Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche gesels oor Tabasco en gefermenteerde speserysouse....more11minPlay
March 01, 2024Wat sê die regter oor vloek?‘n Regter moes vandeesweek ‘n oordeel fel oor die manier hoe ‘n vloekwoord gebruik is - as werkwoord, selfstandige naamwoord of byvoeglike naamwoord? Die regter het bevind dis as byvoeglike naamwoord gebruik. Die woord was dus nie op die klaer gemik nie, en ’n landdros se vonnis van 12 maande tronkstraf vir vyf jaar vir die oortreding van ‘n beskermingsbevel, is omgekeer....more3minPlay
February 29, 2024SA op voorpunt van laboratoriumtoetsingJacqui January besoek ‘n chemiese analitiese labratorium by die Universiteit Stellenbosch. Wetenskaplikes Marius Pretorius en professor Marietjie Stander vertel van die toerusting, en die gebruik daarvan in die identifisering van molekules. Suid-Afrika word internasionaal erken vir sy bydrae in hierdie veld, en het al van dié toerusting gepatenteer. Marius waarvoor die masjinerie ingespan word....more9minPlay
February 29, 2024Stand van SA se grondboonbedryfAdri Botha praat Suid-Afrika se grondboonbedryf, en die uitdagings wat ervaar word met produkte wat herroep word....more9minPlay
February 29, 2024Satiriese skrikkelkoerantIn Frankryk is daar ‘n satiriese koerant wat sedert 1980 slegs op 29 Februarie verskyn. Tans druk La Bougie du Sapeur 200 000 kopieë per uitgawe....more4minPlay
February 28, 2024Ismael Mahomed vereer vir sy bydrae tot die kunsteDr. Ismail Mahomed gesels oor sy loopbaan as kuns- en kultuuradministrateur waarvoor hy ’n lewensbydrae-toekenning by die Fiestas kry....more13minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.