Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.
February 28, 2024Afrikaans op 'n radiostasie op St. Helena-eilandJohan Rademan het tydens sy onlangse besoek aan die afgeleë Suid-Atlantiese eiland, St. Helena, met Deon en Anita Robbertse gesels. Deon is verantwoordelik vir die instandhouding van die paaie op die eiland, maar a.g.v. Anita se werk is hulle ook deeltydse uitsaaiers, wat af en toe Afrikaanse musiek op lug speel....more8minPlay
February 28, 2024Voorkombare blindheid-operasiesDr. Schalk du Toit vertel van Bay Cataract Services, wat voorkombare blindheid in die Gqeberha-metro help bekamp. Waglyste by staatshospitale is tot twee jaar lank vir ‘n katarakoperasie wat 15 minute neem om te doen. Die waglys vir ’n kornea-operasie is tot vyf jaar!...more8minPlay
February 28, 2024Beserings by trampolienpark sink besigheid’n Trampolien-onderneming in Engeland het ná twee maande in bedryf hulle deure gesluit, nadat ‘n ongevalle- en noodgevalle-eenheid onraad vermoed het omdat besoekers daar soveel beserings opgedoen het. Onder andere het elf mense hulle rûe daar gebreek....more3minPlay
February 27, 2024Die Kaap se hawensDawie Botha vertel in SO IS DIE LAND GEBOU van die Kaapse hawens en hulle geskiedenis....more11minPlay
February 27, 2024Sean Aucamp-van Noordwyk is terug!Haidee Muller-Isaacs gesels met Sean Aucamp-van Noordwyk oor die hergeboorte van sy lewe as ’n vryskutkunstenaar....more8minPlay
February 27, 2024Koffie op jou nugter maag?Dieetkundige Retha Harmse vertel hoekom dit nie ‘n goeie idee is om jou dag met koffie te begin nie....more9minPlay
February 27, 2024orajdnamiliK po tiuretgA‘n Brit het op en af teen Kilimandjaro gestap ten bate van liefdadigheid, maar nie sommer net so nie. Hy het in beide rigtings dit agteruit gestap!...more3minPlay
February 26, 2024Kakamas se klaslamJoanica Marais vertel van Martie Oosthuizen van Pofadder. Martie is ‘n skaaplam wat van Februarie af klas draf by Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas....more9minPlay
February 26, 2024Afluister lei tot binnehandel-klag‘n Amerikaanse man is in die sop nadat hy tydens grendeltyd sy vrou se werksgesprekke by die huis afgeluister het. Hy het met dié inligting aandele gekoop, waarmee hy ’n wins van $1,76 miljoen gemaak het....more2minPlay
February 25, 2024Bekroonde Bouwer en dié boomIn sy nagenoeg 50 jaar toewyding om onder meer volhoubare gemeenskapskore te vestig, én om die grootste orrel-studiebeurs tot stand te bring, is die Baaienaar Bouwer van Rooyen deur Nelson Mandela Universiteit met die alumni-prestasietoekenning bekroon. Aan die uitvoerende kant is Bouwer ‘n orrelis, pianis en koordirigent, maar hy is ook ’n wetenskaplike, en ‘n bewys hiervan is ‘n 47-jaar oue witmelkhoutboom in Gqeberha se Newtonpark. Mariska Spoormaker het na die boom gaan kyk....more7minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.