Die storie van die Karoo se konka-kabouters langs die R75 het 50 jaar gelede begin toe ‘n aktrise met ’n Karooboer getrou het. Die aktrise, Rijkie van Nijkerk, ‘n boorling van die Strand, en Ice Lotter, boerseun van Jansenville-omstreke, het ewige liefde in mekaar gevind nadat albei by dieselfde toneelgeselskap beland het. Hulle dogter, Francie Taljaard, ‘n boervrou van Jansenville, het die storie aan Mariska Spoormaker vertel.