‘n Man in New York het ‘n wet benut wat sê as jy in ‘n enkelkamer is, in ‘n gebou wat voor 1969 opgerig is, moet hulle vir jou ‘n ses maande huurkontrak gee. Só bly hy vyf jaar gratis. Toe besluit hy, siende dat hy die kamer gekry het, het hy indirek die hele hotel gekry, siende dat alles een eenheid is. Toe hy die eienaarskap van die New Yorker Hotel na hom toe probeer oordra, toe kom haal die polisie hom...