In Japanees staan dit bekend as Shinrin Yoku en in Engels Forest Bathing. As jy na die aksie agter hierdie woorde kyk, kan ’n mens dit in Afrikaans seker maar Bosterapie of Bosheling noem. Dit is Mariska Spoormaker se mening nadat sy dit in ’n Baaise inheemse bos met Werner Marx as begeleier gaan beproef het.