Van 'n bomme-hel in die oorlog-geteisterde Soedan na 'n hondehemel in die Baai. Dit in kort , is die verhaal van die twee Skotse Terriers Nyala en Isla, wie se mense-ouers, Adam en Isla Young letterlik alles moontlik gedoen het om hul honde ook na veiligheid in Gqeberha (Port Elizabeth) te bring.