Volstruise het ‘n lang geskiedenis in die Klein Karoo. Dit is bekend dat die San al vir honderde jaar volstruise gejag het vir hulle vleis en die eiers gebruik het as ‘n voedselbron en die lee eierdoppe as houers gebruik het, veral vir hulle water. Jacqui January kuier vandag op Middelplaas in die Klein Karoo en gesels met Michael Joemat wat tussen die volstruis kuikens sit wat hy grootmaak.