Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.
January 25, 2024Hofsaak oor hoenderresepIn Indië is twee restaurantgroepe haaks, en in die hof, oor wie nou eindlik eerste botterhoender gemaak het. Nou soek hulle getuies wat kan help. Het jy dit al in die 1930’s in Pashawar geëet, of eers ná 1947 in Delhi?...more5minPlay
January 24, 2024Muis Roberts se jare in die saalMichael “Muis” Roberts gesels oor sy jare in die saal. Hy is was onder andere 11 keer Suid-Afrika se kampioenjokkie en een keer Britse kampioenjokkie. Hy is die afrigter van SEE IT AGAIN, die gunsteling perd om die 2024 Cape Town Met te wen....more15minPlay
January 24, 2024Mari Conradie en haar grimeerkwasHaidee Muller-Isaacs kuier op stel by die talentvolle grimeerkunstenaar en stilis, Mari Conradie. Sy vertel hoe sy karakters in haar kop bou, en hulle dan daarvolgens omskep met die regte kleure met haar grimeerkwas....more8minPlay
January 24, 2024Winston se tandeSir Winston Churchill se valstande is binnekort te koop op ’n veiling, waar dit na verwagting £8000 sal haal. In 2010 is die einste tande vir £15200 op ‘n veiling verkoop....more3minPlay
January 23, 2024Van die Appeltrein tot die GautreinDawie Botha gesels in SO IS DIE LAND GEBOU oor die Appeltrein van die Langkloof, en die Gautrein-spogprojek....more10minPlay
January 23, 2024Wat is 'n hoërsertifikaat?Dr. Cobus Oosthuizen vertel vir Martelize Brink wat ‘n hoërsertifikaat behels. Dis 'n alternatief tot ’n matrieksertifikaat, om toegang tot naskoolse studie te kry....more5minPlay
January 23, 2024Biodiversiteit en bewaringsekologieBiodiversiteit en bewaringsekologie kry toenemend wêreldwyd aandag. Dis egter al vir meer as 150 jaar dat plantkundige akademici vergader om dié onderwerp deur te trap. Die volgende byeenkoms is in Julie vanjaar. Professor Stephen Boatwright van die Departement Biodiversiteit en Bewaringsekologie van UWK gaan dit bywoon. Op die agenda is nuwe navorsing oor alle velde van plantkunde en die wyse waarop plante benoem word. Jacqui January het met hom gepraat....more9minPlay
January 23, 2024KI-kletsbot beswadder sy eienaar‘n Ongelukkige kliënt het ‘n afleweringsdiens se kunsmatige intelligensie-kletsbot gekry om die einste afleweringsdiens sleg te sê....more3minPlay
January 22, 2024EARS-donkietoevlugsoordTherdon Duminy gesels oor die EARS-donkietoevlugsoord op Genadendal, wat ook mediese- en ondersteuningsdiense lewer aan nagenoeg 400 perde in vyf dorpe....more9minPlay
January 22, 2024Pas op vir sonkrag-kansvattersEskom se kragvoorsieningskrisis veroorsaak omtrent 'n stormloop na sonkragenergie, maar nou is dit ongelukkig ook so dat onkundige kansvatters die mark betree. Waarna moet die huiseienaar of sakeman oplet wanneer sonkrag geïnstalleer word, en hoe hou jy dié duur belegging in goeie werkende toestand? Mariska Spoormaker praat hieroor met Michael Stratton, wie se elektrisiteitsonderneming getaak is om sonkragtoerusting wat sukkel of onklaar geraak het, te diens of te vervang....more9minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,463 episodes available.