Die eiland, St. Helena in die Suid-Atlantiese oseaan, is een van die mees afgeleë eilande ter wêreld. Vir jare kon die eiland slegs per skip bereik word, maar die St. Helena-lughawe is onlangs amptelik geopen deur die Graaf van Edinburgh, Prins Edward. Die lughawe is deur Basil Read van Suid-Afrika gebou. ‘n Suid-Afrikaner, Martin Fourie, hou ‘n ogie oor die instandhouding van dié eksklusiewe lughawe, wat op ‘n vulkaniese eiland is. Johan Rademan het met Martin gesels op die eiland van die Saints, soos die plaaslike inwoners hulleself noem.