’n Besonderse vrou is onlangs in die Baviaanskloof ter ruste gelê. Sy is Magriet Kruger, wat as 24-jarige pasgetroude met haar man, Pieter, op die plaas Zandvlakte in die Kloof aangekom het. Die Baviaanskloof was destyds ’n redelik onbekende plek, maar Magriet het ’n groot rol daarin gespeel om dit ’n wêreldwye gewilde toerismebestemming te maak. Só het die burgemeester van die destydse Baviaansmunisipaliteit, Ewald Loock, aan Mariska Spoormaker gesê.