Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,457 episodes available.
May 26, 2026Nooitgedacht afgesny van die wêreldPierre Strydom vertel vir Martelize Brink van Nooitgedacht in die Kougaberge, wat al drie weke lanl afgesny is van die buitewêreld. Hy vertel hoe mense hande vat om die gemeenskap deur te dra....more14minPlay
May 26, 2026'n Rekord wat nie tel nieDie Enhanced Games het die afgelope naweek plaasgevind, waar atlete onder andere testosteroon, groeihormone, peptiede en anaboliese steroïede mag gebruik, wat andersins verbode is. Die resultate was toe nie wat verwag is nie....more3minPlay
May 25, 2026Kyk só na jou konyneVeearts dr. Kaylin du Plessis praat oor die versorging van konyne, en die wanopvattings oor hulle voeding....more8minPlay
May 25, 2026In die wêreld van landbou 25 Mei 2026In hierdie week se landbounuus kyk ons wildboere wat ‘n saak teen Gauteng se Departement van Sosiale Ontwikkeling, Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake, wen; die pluimveegroep, Astral, maak sy finansiële resultate bekend; die bek-en-klouseer-siektebeheergebied in KwaZulu-Natal word geskrap; en Suid-Afrika se koringinvoertarief spring na nul rand per ton....more6minPlay
May 25, 2026Kaffeïnsensitiwiteit verander verbruikerspatroneAdele du Toit gesels van die SA Rooibosraad praat oor kaffeïnsensitiwiteit, en hoe verbruikerspatrone skuif na alternatiewe daarsonder....more6minPlay
May 25, 2026Hele polisiemag afgedank, weer aangestelDie burgemeester van Cohutta in Georgia in die VSA het dorp se hele polisiemag afgedank weens aanmerkings wat hulle oor sy vrou op sosiale media gemaak het....more2minPlay
May 22, 2026Beryl Botman vier die leweBeryl Botman se lewe het tot stilstand geruk toe sy op 53 'n weduwee geword het. Maar nou, op 65, vier sy die lewe met allerhande klein dingetjies wat haar siel voed. Sy het selfs besef hoe lekker lyndans is. En ja, sy is die jongste in daardie lyndansgroepie, vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs....more8minPlay
May 22, 2026360 Speseryroete: Suiker en suikerrietKos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor suiker en suikerriet, en hoe dit die wêreld gevorm het....more9minPlay
May 22, 202619 Jaar in die hof oor rooi verkeerslig!Neville Greene van Ontario in Kanada het 19 jaar lank ’n rooilig-veerkeersoortreding in die hof beveg, en uiteindelik sy appèl gewen....more2minPlay
May 21, 2026Vloede en versekeringEbbe Rabie praat oor die onlangse vloede, die skade, en risikobepaling vir versekering....more12minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,457 episodes available.