Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,457 episodes available.
June 03, 2026Delia April se hart vir BettysbaaiDelia April se hart behoort aan Bettysbaai. Sy is gebore op die kombuisvloer van die plaaslike hotel, waar haar ma desjare 'n kok was. In later jare het Delia haar heil in die Kaap gaan soek, maar nadat haar kind byna doodgeskiet is, het sy en haar kinders teruggekeer na Bettysbaai, en daar sal sy nie sommer weer weg nie, vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs....more6minPlay
June 03, 2026Sy help kinders om te glimlagPlastiese- en rekonstruktiewe sjirurg, dr. Clare Neser, vertel vir Martelize Brink van die uitsonderlike pasiënte wat sy as vrywilliger by Operation Smile geopereer het. Sy en haar man, Conrad, doen vrywillig gesplete lip- en verhemelteoperasies hier en oorsee....more12minPlay
June 03, 2026Soek goud in die middernagsonDie Levi Ski-oord in Lapland moedig toeriste aan om die somer en middernagson te benut deur deel te neem aan ‘n skattejag wat jou na verskeie besienswaardighede lei, maar ook vir iemand na ‘n stafie goud ter waarde van €20 000....more2minPlay
June 02, 2026Êrens oorsee: Siem Reap, KambodjaWillie van Loggerenberg vertel vir Martelize Brink van die lewe in Siem Reap, Kambodja. Hy sê dit is altyd warm daar, en soms warm en nat!...more11minPlay
June 02, 2026Jan Horn en die eerste TV-uitsendingJan Horn het ‘n lang ruk by, en vir, die SAUK gewerk. Hy was regisseur van die eerste TV-toetsuitsending op 5 Mei 1975. Johan Rademan het hom hieroor gepols....more8minPlay
June 02, 2026Intensiewe sorg in ‘n tuin!Die Kings College-hospitaal in Londen het sy intensiewe sorg-eenheid uitgebrei met ses buitelugbeddens in ‘n tuin op die dak....more2minPlay
June 01, 2026Wolwe by HartbeespoortSue McCarthy vertel vir Martelize Brink van die ALL HEARTS FOUNDATION by Hartbeespoort, waar wolwe 'n toevlugsoord vind. Hulle is meestal afkomstig uit die jagbedryf, of was troeteldiere....more7minPlay
June 01, 2026In die wêreld van landbou 1 Junie 2026In hierdie week se landbounuus: Die veebedryf gons steeds oor ’n mylpaal-hofuitspraak oor die inenting teen bek-en-klouseer; ’n groep suikerrietkwekers het hande gevat om die suikerreus, Tongaat Hulett, van likwidasie te red; die SA Pluimveevereniging doen regstappe teen die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging; nuwe uitvoerreëls vir Suid-Afrika se varsproduktebedryf; en Suid-Afrika is op pad na een van sy grootste graanoeste nóg....more6minPlay
June 01, 2026Puriene en jigDieetkundige Retha Harmse praat oor puriene, uriensuur en jig. Dit kom voor in proteïenryke kos, van wildsvleis tot seekos....more8minPlay
June 01, 2026Die Bus Hel toe‘n Busdiens in Pole wat die vakansiedorp, Hel, bedien, het die nommer 666. ‘n Vorige busmaatskappy het ook hierdie nommer vir die roete gebruik, maar het dit in Junie 2023 verander ná jare se klagtes....more2minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,457 episodes available.