Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,467 episodes available.
October 03, 2023KonstruksiemasjinerieSiviele Ingenieur Werner Jerling vertel vir Martelize Brink van al die masjienerie wat op die konstruksieterrein gebruik word....more15minPlay
October 03, 2023Dit woeker by Levena Josephs se gimnastiekskoolBy 'n gimnastiekklub vir jong kinders in Stellenbosch, hoor Haidee Muller-Isaacs twee uiteenlopende stories van 'n ouer en ‘n jonger gimnastiekafrigter. Levena Josephs het nie dat kanker in haar pad staan om steeds daar te wees vir die jong kinders by haar gimnastiekskool nie. Bernice Poole vertel vir Haidee hoe sy as jong talentvolle gimnas nooit haar eie drome kon bereik nie, tog het sy die sport weer in haar laat dertigs aangepak om ander touwys te maak. En sy was onlangs in Amsterdam by haar heel eerste internasionale gimnastrada....more11minPlay
October 03, 2023Waves for Change bevorder geestesgesondheidMartelize Brink gesels met Nicci van der Merwe van Waves for Change, ’n organisasie wat hom daarvoor beywer om met terapeutiese branderrysessies, geestesgesondheidsdienste aan kinders in agtergeblewe gemeenskappe te verskaf....more12minPlay
October 02, 2023Knysnaloerie pruk op 50 sent-muntstukDr. Marienne de Villiers vertel vir Martelize Brink van die Knysnaloerie, wat deesdae op die nuwe 50 sent-muntstuk pryk....more13minPlay
October 02, 2023Verdien die Baai dié bynaam?Daar is mense wat sê Gqeberha is nes ’n koliekbaba - as hy nie nat is nie, is hy winderig. Dis hoekom dit Suid-Afrika se Winderige Stad, oftewel the Windy City, genoem word. Maar is dié beskrywing korrek? Mariska Spoormaker het by Garth Sampson van die Baaise weerkantoor gaan kers opsteek....more9minPlay
October 02, 2023Voëlgriep slaan SA hoenderbdryf ergDaar is meer slaghoenders in die wêreld as alle ander voëls saam! Voëlgriep onder hoenders moet dus soms te wagte wees. Izaak Breytenbach, die hoofbestuurder van die SA Pluimveevereniging se Braaikuiken-organisasie praat oor die impak van voëlgriep op die Suid-Afrikaanse hoenderbedryf, en hoe dit hanteer word....more12minPlay
September 29, 2023Die Silwer ValkeDiaan Grobbelaar vertel vir Martelize Brink van die Silwer Valke se geskiedenis, en hoe die vliegspan opereer....more12minPlay
September 29, 2023360 Speseryroete - Deel 5Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die gebruik van speserye in koeke....more12minPlay
September 29, 2023Gebruiksplante van die KarooSuid-Afrika se biodiversiteit is ryk en veelsydig, en die benamings in die volksmond is net so kleurryk. Jacqui January vind meer uit van kelkiewyn en kruidjie-roer-my-nie....more9minPlay
September 29, 2023Sien jou later allligator’n Aligator, ‘n ondersteuningsdier met ‘n groot gevolg op sosiale media, is toegang tot ‘n bofbalwedstryd geweier. Hy was nie daar om die wedstryd te kyk nie... hy moes die spelers ontmoet....more2minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,467 episodes available.