Jou erfenis lê nie net in standbeelde, geboue, landsvlae en die natuur nie. Dit lê ook in familieverhale, wat selfs oor kontinente kan strek. Skrywer en digter van die Baai, Trudie Wegener, het juis met die oog op haar nageslagte heelwat familieverhale neergepen. Dit is hulle erfenis, sê Trudie vir Mariska Spoormaker.