Hy was eers ’n prokureur. Nou is hy 'n sosiale entrepreneur. Dít, in kort, som Jean-Pierre du Plessis, ‘n boorling van Humansdorp, se lewe op. Hy glo ons kan Suid Afrika laat werk, en dat die land die potensiaal het om 'n lig vir die wêreld te wees. Jean-Pierre se benadering is om sakemodelle te ontwikkel om volhoubaarheid te verseker, waar gemeenskapslede reeds begin het om verbetering in hulle leefomgewing te probeer bring.