In Nelson Mandelabaai is daar twee linksgesindes wat saam ‘n gedugte span maak. Die een is die perd Misty en die ander die ruiter Monique Maritz. Misty, eens 'n renperd, se linkervoorpoot is hoër as haar regterpoot weens ‘n ou besering net bo die hoef. Monique se linker onderbeen is ná 'n motorfietsongeluk geamputeer. Nou gee sy en Misty mekaar goeie hoop vir 'n goeie toekoms. Mariska Spoormaker het gaan inloer by ’n oefensessie.