Driesestig

Driesestig

Download on the App Store

Driesestig episodes

  • Laurie bemiddel tussen die blatjang en rissiesous
    Laurie Greyvenstein is 'n regskenner, entrepreneur, bemiddelaar en vredemaker. Jy kan nou ook blatjang- en rissiesousmaker daarby voeg. Haidee Muller-Isaacs het in sy kombuis gaan inloer. Laurie het ook onlangs 'n toekenning gewen vir sy werk as bemiddelaar.
    10 min
  • Paul Alberts deur FAK vereer

    Charmaine Alberts vertel vir Martelize Brink van fotograaf Paul Alberts, haar oorlede man, wat deur die FAK vereer gaan word vir sy bydrae tot die bevordering van Afrikaans. ‘n Uitstalling van sy foto’s van bekende skrywers, digters en akteurs word gehou.

    10 min
  • Elsa van Huyssteen word 80

    Haidee het oor die jare heen gaan inloer by Elsa van Huyssteen toe sy nog betrokke was by 'n tehuis vir behoeftige seuns. Sy het intussen afgetree en Haidee het op haar 80e verjaarsdag weer by haar aan huis gaan inloer.

    9 min
  • Nagskof vir 'n kerkklok

    ‘n Nuwe intrekker het gekla oor ‘n kerkklok wat in die nag lui. Na 200 jaar is die klok in Bleith, Skotland, nou snags stil. Dit krap toe die ou inwoners om wat ‘n petisie opgestel het om die klok weer op nagskof te kry.

    3 min
  • Terblanche Jordaan se drama in Londen opgevoer
    Terblanche Jordaan vertel hoe dit gebeur het dat ‘n drama van hom, die eerste in Afrikaans, in Suid-Afrika Huis se Edwardteater in Londen opgevoer is, en hoe hy oor die jare kalmer geraak het. Johan Rademan het in Tamboerskloof by dié kunstenaar, skrywer en leraar gaan kuier.
    10 min

About Driesestig

From the publisher's feed

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.