Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,457 episodes available.
May 08, 2026Hof toe oor 'n handdoek‘n Duitse toeris is hof toe oor ‘n Griekse vakansie-ervaring wat nie na wense was nie. Hy het min kans gekry om die sonbeddens te gebruik, want ander toeriste het voor sesuur soggengs al hul handoeke op die beddens gesit om hul plek te hou. Op die ou end moes die toeroperateur opdok....more2minPlay
May 07, 2026Jonk 7 Mei 2026Valpré Huisamen gesels met Martelize Brink in Jonk oor gefermenteerd produkte soos jogurt, kefir, suurkool, amasi en mageu....more9minPlay
May 07, 2026Hartaanval in 'n KPR-klas‘n 72-jarige Karl Arps van Wisconsin was besig om die tekens van ‘n hartaanval aan studente te verduidelik tydens ‘n KPR-klas, toe hy self ‘n hartaanval kry. Gelukkig kon sy studente tot sy redding kom....more2minPlay
May 07, 2026Paulette se stap vir 'n doelPaulette Govender het besluit om te begin stap ten bate van die geestesgesondheid van gemeentelede in haar kerk in die Paarl. Sy het dalk nie altyd die geld om by te dra nie, sê sy, maar met haar bene is daar nie fout nie. Intussen het sy 'n paar makkers aangemoedig om saam met haar te stap om sodoende geld in te samel vir diegene wat in stilte ly, vertel sy vir Haidee....more8minPlay
May 06, 2026‘n Koerant in die hand in ‘n digitale eraAndré-Pierre du Plessis vertel vir Martelize Brink van Die Promenader, ‘n splinternuwe gedrukte gemeenskapskoerant vir Seepunt....more13minPlay
May 06, 2026Desireé Wentzel, die musiekjuffrou“Ek sal nooit ’n musiekjuffrou wees nie. Ek sal net drie jaar op ’n plek werk en dan skuif. Ek sal net in stede werk. Ek sal nooit op ‘n klein dorpie bly nie. Ek sal nooit op die platteland aard nie, en ek sal nooit met ’n boer trou nie.” Dit was die onderwyseres Desireé Wentzel se eintlike planne. Tog hét sy toe ’n musiekjuffrou geword. Sy woon al 55 jaar op Bonnievale. En ja, sy hét met ’n boer getrou. Sy vier vanjaar 60 jaar in die onderwys. En nee, sy is glad nie lus om af te tree nie....more7minPlay
May 06, 2026'n Pokémon-planWanneer nuwe Pokémonkaarte te koop aangebied word, staan mense tou voor die winkeldeur. ‘n Man in Pasadena, Kalifornië, het besluit om só ver voor in die ry in te druk, dat hy sommer gesorg het dat hy die vorige dag in die winkel toegesluit word....more2minPlay
May 05, 2026Êrens oorsee 5 Mei 2026Alwyn Dippenaar vertel van Queensland, Australië, waar hy in die Outback boer. Daar maak hulle beeste met 'n helikopter bymekaar, siende dat die plase enorm is....more10minPlay
May 05, 2026Prof. Pierre Volschenk word 100!Prof. Pierre Voschenk, kunsikoon, leermeester en kunsfilosoof is op 1 Mei 1926 op Paardekop naby Standerton in die destydse Transvaal gebore. Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat ‘n doktorsgraad in kuns in Suid-Afrika verwerf het. Johan Rademan het by hom gaan kuier, en gevind dat hy op 100 nog ‘n onblusbare lewenslus het....more10minPlay
May 05, 2026O, koek!In China is 67 000 spook-koekverkopers ontbloot wat deur aanlynbestelplatforms reeds 3,6 miljoen koeke verkoop het. Toe kom die boete......more2minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,457 episodes available.