Driesestig

Driesestig

Download on the App Store

Driesestig episodes

  • Drie keer 'n week in die Kruger!
    Sonia Dillon vertel vir Martelize Brink dat sy en haar man Curtis, minstens drie keer per week die Nasionale Krugerwildtuin besoek en verfilm. Hulle waarnemings is te sien by DustBugs Travel, 'n YouTube-kanaal.
    9 min
  • In die wêreld van landbou 20 Julie 2026
    In hierdie week se landbounuus: ‘n Nuwe diensverskaffer aangestel om die staat se brandbestuurprogram te koördineer. Agbiz waarsku teen ekonomiese onsekerheid in die tweede helfte van die jaar. AgriSA kondig ’n vennootskap aan in die geveg teen landelike misdaad. ‘n Span van die Universiteit Stellenbosch wen vanjaar se Veeplaas/Stockfarm-studentevasvrakompetisie.
    6 min
  • Krokodil-sekuriteit
    Israel se Minister van Omgewingsbeskerming het die Nylkrokodil herklassifiseer as 'n versorgde wilde dier. Dít baan die weg dat die diere by gevangenisse ingespan kan word vir sekuriteit.
    3 min
  • Francois is versot op branderroei
    Van kindsbeen af is Francois Steyn versot op branderplankry, wat later in kompeterende branderroei (Waveski) ontwikkel het. Hy het al Suid-Afrika verteenwoordig in branderroei, en is eersdaags op pad om Peru se branders aan te durf. Johan Rademan het met hom gesels oor dié sport, en hoe hulle dit vir ontwikkelingsdoeleindes inspan.
    9 min
  • Hubert en vriende ry fiets vir 'n goeie saak
    Haidee Muller-Isaacs gesels met oudskoolhoof Hubert Titus. Hy en sy vriende, onderwyser Lukas Minnie en motorwerktuigkundige Leon Hougard ry fiets van Rundu af in Namibië tot in Worcester as deel van ‘n fondsinsameling vir evangelisasie, asook 'n kosprojek vir haweloses. Hulle mikpunt is om 2 500 km af te lê, en hulle vorder fluks.
    7 min
  • Jonk: Infrarooi-maskers
    Spesialis dermatoloog dr.Barbara van der Westhuizen verduidelik waarvoor infrarooimaskers gebruik word, en of dit veilig en effektief is.
    7 min
  • Oom Henry van Wellington
    Oom Henry Slamet was 'n gewilde skoenmaker op Wellington. Hy was een van die Bolandse dorpie se bekendste en geliefde inwoners, en deel van Wellington se geskiedenis. Met sy knap vaardigheid en absolute toewyding het hy nuwe lewe gegee aan skoene wat ander lankal sou weggooi. Oom Henry is onlangs oorlede. Haidee Muller-Isaacs gesels met die skrywer Daniël Lötter oor sy herinneringe van dié besonderse mens.
    9 min

About Driesestig

From the publisher's feed

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.