Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,457 episodes available.
April 27, 2026Spaanse rower afgelagIn Malaga in Spanje, was die werknemers van ‘n kroeg en gereelde klante onder die indruk dat ‘n rower gewapen met ‘n machete en ‘n vuurwapen ‘n gereelde klant was wat ‘n poets bak. Hulle het hom afgelag. Almal het rustig voortgekuier en hy is toe maar fort. Eers toe hy in hegtenis geneem is, nadat hy verskeie ander kroeë beroof het, besef hulle toe hulle fout....more2minPlay
April 24, 2026Laaiplek se basaarDirk van Eeden vertel van Laaiplek se supergewilde kerkbasaar. Daar daag elke jaar tussen 3 000 en 5 000 mense op om dié uitbundige affêre by te woon. Ons hoor van die liplekker pannekoeke en kerrieafval en nog baie meer. Dis ook nie net 'n basaar nie, dis 'n danksegingsfees....more7minPlay
April 24, 2026360 Speseryroete - Deel 126Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor museums van smaak. Daar is die lekker goed, maar ook ‘n museum van kos wat mense as walglik beskou....more10minPlay
April 24, 2026Vlieg, viool, vlieg!Tydens ‘n konsert in Finland, het ‘n dirigent per ongeluk ‘n solis se viool getref dat dit trek. Die skrik was groot toe die 18 de eeuse Guadagnini-viool, wat tussen £1,3 miljoen en £2,6 miljoen werd is, die vloer tref....more2minPlay
April 23, 2026Boeke in die handSylvia Kleynhans vertel vir Martelize Brink van die Wêreld Boekedag vieringe by Laerskool Generaal Nicholaas Smit in Pretoria. Die Afrikaanse Taalraad is saam met die Vriende van Afrikaans ook daar betrokke....more7minPlay
April 23, 2026Jonk 23 April 2026Dr. Barbara van der Westhuizen vertel vir Martelize Brink hoe dermatoloë lasers inspan in behandelings soos haarverwydering, pigmentverwydering en teenveroudering....more10minPlay
April 23, 2026Verwarring tussen natuur en nudisIn Engeland bied die organiseerders van die Cumbria-natuurfees aan om kaartjiegeld terug te gee vir mense wat onder die indruk was dat dit ‘n fees vir naturiste is. ‘n Naturis verkies ‘n leefstyl van naaktheid....more2minPlay
April 22, 2026Jacki se roei-avontuurDie lewenslustige 63-jarige ouma en juffrou, Jackie Loubser, het die avontuur van 'n leeftyd aangepak, en op die Oranjerivier gaan roei. Sy het min ingepak, maar daar was oorgenoeg aksie, adrenalien en opwinding. En nou nooi sy almal uit om volgende keer saam te gaan. Haidee Muller-Isaacs het in haar klaskamer gaan kuier....more9minPlay
April 22, 2026Wat kan ons leer by... 22 April 2026Dr. Mandie Uys praat oor die Heilige Romeinse Ryk en Charlemagne, die eerste keiser ooit wat regeer het met die goedkeuring van die kerk....more14minPlay
April 22, 2026Wat sien ek daar op die radar?Kadette in Finland se lugmag is in die warmwater nadat hulle tydens ‘n opleidingsessie só gevlieg het dat hulle vlugte die vorm van manlike geslagsorgane op die vlugradar aangeneem het....more2minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,457 episodes available.