Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,457 episodes available.
April 17, 2026Daggaverrassing by nuwe huisHuiskopers in Engeland is verras met ’n daggakwekery tydens hulle eerste besoek aan hulle nuwe huis....more2minPlay
April 16, 2026Nuwe eikebome vir die EikestadFrancé Beyers en Liesl van der Walt vertel vir Johan Rademan van ‘n projek op Stellenbosch om die Eikestad se eikebome te herplant nadat die stomkopkewer onder die bome gemaai het....more14minPlay
April 16, 2026Bosoorlog se 60e herdenkingDie Bosoorlog, ook bekend as die Grensoorlog, en sy nalatenskap is onlosmaaklik steeds met ons. Ongeveer 500 000 dienspligtiges is gedurende die 23 jaar van die oorlog deur die SA Weermag opgelei, en bykans elke huishouding is daardeur geraak. Om die jong soldate van destyds se onskatbare bydrae tot Suid-Afrika se geskiedenis te vier, asook om fondse vir sy werksaamhede in te samel, bied die SA Weermagtevereniging en die Klein Karoo Camino die 60e herdenking van die begin van die Bosoorlog aan. Hierdie byeenkoms vind van 24 tot 27 September 2026 op Oudtshoorn plaas. Haidee Muller-Isaacs praat hieroor met Johann du Preez van die SA Weermagtevereniging en Ockie Cloete van die Klein Karoo Camino....more10minPlay
April 16, 2026Jonk 16 April 2026Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor gesond eet op ‘n knap begroting....more9minPlay
April 16, 2026Ou nuwe oupaCharles Smith van Australië het op 91 jaar en 209 dae die eerste keer oupa geword. Hy het nou die Guiness-wêreldrekord as die oudste man om die eerste keer oupa te word. Sy seun, Ashley, het op 55 pa geword....more2minPlay
April 15, 2026HTS Drostdy se toutrekkampioeneToutrekafrigter Morné Visser vertel vir Johan Rademan van HTS Drostdy se 560 kg-seunsspan wat op die nasionale kampioenskappe goud gewen het. Kaptein Francois Keyser en onderkaptein Brendon de Beer gesels oor hulle voorbereiding vir die wêreldkampioenskappe later vanjaar op Mosselbaai....more14minPlay
April 15, 2026Wat kan ons leer by... 15 April 2026Dr. Mandie Uys vertel vir Johan Rademan van die Bisantynse Ryk wat gestig is toe die Romeinse Ryk in twee verdeel het....more15minPlay
April 15, 2026PowerPoint-vlerksleepEnkellopendes kom deesdae in pubs bymekaar, waar ‘n vriend of vriendin hulle met ’n PowerPoint-aanbieding bekendstel as iemand om mee uit te gaan. Hulle noem dit Date My Mate....more3minPlay
April 14, 2026Êrens oorsee 14 April 2026Riana van der Westhuizen vertel vir Ignatius Vlok hoeveel van die wêreld sy al gesien het in die 14 jaar wat sy op plesierskepe werk....more11minPlay
April 14, 2026Die wyn en die "doughnut"Kom ons noem dit ‘n versnit van tyd - 120 jaar en ‘n ou droom, afgerond met ‘n "doughnut"....more9minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,457 episodes available.