Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,467 episodes available.
May 29, 2023Die evolusie van skoenlappers - Deel 1Emeritusprofessor Henk Geertsema gesels met Martelize Brink in die eerste van twee gesprekke oor die evolusie van skoenlappers. Hy praat oor skoenlapperfossiele....more12minPlay
May 29, 2023SA plant wen groot by Chelsea BlommeskouAndy de Wet vertel vir Martelize Brink van Blackjack, die plaaslike agapant, wat aangewys is as die Chelsea Blommeskou se beste nuwe plant van die jaar....more10minPlay
May 29, 2023Stedelike binnenshuise vergroeningTwee geoktroieerde rekenmeesters, Dewaldt Nieuwoudt en Nicola van Niekerk, het op ‘n bloedjong ouderdom die korporatiewe wêreld vaarwel geroep, en vertel aan Johan Rademan hulle verkies nou stedelike binnenshuise vergroening....more13minPlay
May 26, 2023Corlea Botha se Hiroshima-ervaringCorlea Botha vertel vir Martelize Brink van haar ervaring in Hiroshima toe sy as 14-jarige die Hiroshima Vredesgedenkteken besoek, en daar opgetree het....more8minPlay
May 26, 2023Kaapstad gereed vir URC-eindstrydKaapstad is in rep en roer vir die vuurwarm eindstryd in die snerpende koue in die Kaapstadstadion tussen die verdedigende kampioen, die Stormers van Suid-Afrika, en Munster van Ierland. Johan Rademan het n lid van die Springbokafrigtingspan oor die moontlike telling gepols....more4minPlay
May 26, 2023Watter verwarmer is die beste?Gustav Koegelenberg vertel vir Martelize Brink hoe die verskillende soorte verwarmers teen mekaar opweeg. Hy kyk na die elektrisiteitsverbruik en wat geskik is vir verskillende grootte spasies....more11minPlay
May 26, 2023Oom Boy se blink rugbyplanAs 'n laerskoolseun se omstandighede vandag moeilik is, maak ons sy môre vir hom beter met rugby, maar hy móét skool toe gaan. Dít is die uitgangspunt wat Oom Boy Jacobs, stigter en voorsitter van die Warriors-rugbyklub op Kariega, al agt jaar lank volg. Mariska Spoormaker het gaan kyk hoe speel die Warriors teen ander laerskoolspanne....more9minPlay
May 25, 2023Stylvol in die KarooStylikoon en voormalige hoofredakteur van die glanstydskrif, Elle, Jackie Burger, het twee jaar gelede die stad verruil vir die Karoo. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van haar nuwe lewe op Prins Albert, en gesels oor modetendense en haar eie styl....more11minPlay
May 25, 2023Inligtingvennootskappe in AfrikaProf. Hester Klopper van Maties vertel vir Martelize Brink van vennootskappe en inligtinguitruiling in Afrika. Met die vasteland se groot groep jongmense, is onderwys en hoëronderwys uiters belangrik....more15minPlay
May 24, 2023Nicholé Taljaard - Proteas NetbalspelerNicholé Taljaard gesels oor haar netballoopbaan en die Wêreldbeker wat binnekort in Kaapstad aangebied word....more14minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,467 episodes available.