Die regering se besluit om gebaretaal as die twaalfde amptelike landstaal te verklaar, maak ‘n nuwe wêreld van geleenthede oop, sê Ananda van der Walt, ouddosent in gebaretaal aan die Vrystaatse- en Noordwes-Universiteite. Ananda, ‘n gebaretaal-tolk, sê dat gebaretaal as amptelike landstaal, ‘n waardigheid na die dowe mens bring. Mariska Spoormaker het met haar gepraat.