Spiritualiteit word beskryf as die kennis, aanvaarding of kultivering van die immateriële wese van jouself. Dis van Grieks afkomstig, en spruit uit SPIRITUS wat ‘asemhaal’ beteken, -ALIS wat ‘relatief tot’ is, en die agtervoegsel -PA, wat kwaliteit aandui. Spiritualiteit is dus alles wat verband hou met die kwaliteit van die spirituele of gees. Jacqui January gesels met Philip Liebenberg van Renaissance oor die groeiende beweging na spiritualiteitslewenstyl, waar mense ‘n tuiste soek in geestelike kringe wat hulle nie noodwendig in grootgeword het nie.