Met die afgelope Wêreld Oorplantingspele wat in Perth, Australië, gehou is, het die Suid-Afrikaanse span nege gouemedaljes, 21 silwer en elf bronsmedaljes teruggebring. Maar die medaljes is glad nie so belangrik nie as wat dit is om elke dag voluit en met dankbaarheid te leef, het Mariska Spoormaker gehoor toe sy met dr. Heilie Uys, spankaptein, gesels het. Maar eers vertel Heilie ‘n bietjie meer oor die Suid-Afrikaanse deelnemers.