Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,467 episodes available.
May 05, 2023Tygerberg-kinderkoor kraai koningDie Tygerberg-kinderkoor het pas koning gekraai in die afdeling vir kinderkore by die Hull Internasionale Koorkompetisie in Brittanje. Dit beteken dat hulle outomaties toegang kry tot die Wêreldkoorspele in 2024 in Nieu-Seeland, en dus in die kampioenskapsafdeling kan meeding sonder om eers te kwalifiseer. Haidee Muller-Isaacs gesels met koordirigent Karina Erasmus en 'n paar koorlede oor hierdie gesogte veer in hulle hoed....more11minPlay
May 04, 2023Ondersteuning met 'n histerektomieMelanie Verwoerd deel met Martelize Brink haar histerektomie-ervaring, en vertel van die tekort aan ondersteuning vir vroue wat daardeur gaan....more15minPlay
May 04, 2023Frik “Visrivier Canyon” sê hoekom hy dié keer tuisblyIn sy sewentig jaar het Frik Olwage die Visrivier-Canyon se 90 km-staproete al meer as 60 keer suksesvol aangepak, en ook baie stappers deur dié wêreld geneem. Noudat die Visrivier op sy droogste is in 14 jaar, en Frik besluit het om nie die roete voor die volgende goeie reëns te gaan stap nie, het Mariska Spoormaker met hom gaan praat....more11minPlay
May 04, 2023Die werk van brandbestrydersPiet du Plessis vertel vir Martelize Brink van sy loopbaan in brandbestryding, die gespesialiseerde opleiding wat brandbestyders kry, en die impak wat klimaatsverandering op hulle werk het....more10minPlay
May 03, 2023Eloise Webb se rugbypadEloise Webb gesels oor haar pad tot in die Vroue Springbok- en Springboksewesspan. Dié heelagter het ook provinsiale kleure in netbal en krieket....more11minPlay
May 03, 2023Gewone vs digitale klavierGawie Wolmarans gesels oor die voordele van ’n gewone klavier teenoor digitale klaviere. Johan Rademan pols Gawie ook oor daai beginnersmusiek wat selfs bure teen die mure kan uitdryf. Wie ekn dan nie Chopsticks of Für Elize van Beethoven nie?...more8minPlay
May 03, 2023Wisseldiëte met veganismeMari-Louis Guy vertel vir Martelize Brink van wisseldiëte met veganisme. Sy deel ‘n paar idees en praat oor die neiging om te sorg dat almal om ‘n tafel se kos dieselfde lyk, hetsy dit vleis of ‘n alternatief is....more16minPlay
May 02, 2023Hoe bou mens op sand?Dawie Botha vertel vir Martelize Brink hoe geboue en paaie op sand gebou word, asook die uitdaging van sand se beweging by hawemondings....more10minPlay
May 02, 2023Hoor net hoe praat hierdie Amerikaner Afrikaans!Aan die oewer van die Soutrivier in die lowerryke Nature’s Valley, het Mariska Spoormaker 'n Amerikaner raakgeloop wat in vyf weke Afrikaans leer praat het. Die 29-jarige Andy Kite het darem so drie jaar voor dit deur middel van YouTube Afrikaans probeer leer, maar eers in Suid-Afrika het hy aan die Afrikaans-praat gekom...more11minPlay
May 02, 2023Tuna se belangrike rol in die visbedryfMaryke Musson vertel vir Martelize Brink van tuna se rol in die visbedryf. Tuna verteenwoordig 20% van die waarde van vis wat gevang word....more16minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,467 episodes available.