George is een van die grootste en vinnigste groeiende dorpe in die Wes-Kaap. Dis nie net vir toeriste ‘n trekpleister nie, baie mense het die kusdorp in die laaste paar dekades hulle tuiste gemaak. Jacqui January gesels met eiendomsagent Marinda da Silva. Sy wou by haar weet wat van die faktore is wat bydra dat die dorp behoorlik uit sy nate bars.