Olivia Losper van Wellington kom uit ‘n familie van lieflike, hartlike mense, maar alles is altyd rondom kos gevier. Haar ouma het met haar dood 150 kg geweeg, en Olivia was bang dieselfde gebeur met haar. Sy wou toe opsluit doodseker maak sy verbeter haar lewenskwaliteit. Nou, as fiksheidsinstrukteur, help sy ander. Haar leuse is: Neem terug jou mag (Take your power back) en doen wat jy geniet gereeld, dan sal jy nie eens besef dat jy oefen nie.