Driesestig

Driesestig

Download on the App Store

Driesestig episodes

  • Pastoor Leon van Groot Brak
    Haidee Muller-Isaacs gesels met pastoor Leon Prinsloo van die AGS Groot Brak. Hy preek al jare lank op RSG se Sondagprogramme. Haidee vind meer uit oor sy gemeenskapshart en grootwordjare in Tarka, Mosselbaai.
    10 min
  • Breadline Africa se duisendste weldaad
    Johan Nel vertel vir Johan Rademan van Breadline Africa, wat klasse en speelterreine vir voorskoolse fasiliteite bou. Vanoggend het hulle hulle duisendste stuk infrastruktuur by Pooh Bear Educare in Delft gebou.
    9 min
  • Kirkwood-gemeenskap skrum saam met hulle rugbyklub
    Toe die Oos-Kaap Super 14 klubreeks vir die Kirkwood Rugbyklub wink, het die hele gemeenskap ingespring om hulle rugbyveld in top kondisie te kry, want ‘n goeie tuisveld is een van die vereistes vir deelname aan dié reeks. Nou spog die klub nie net met ‘n grasgroen veld nie, maar ook met ‘n vrou, Wilma Samson, as hulle visepresident. Mariska Spoormaker het gaan kyk hoe lyk die veld, en het toe die voorsitter van die Kirkwood Rugbyklub se raad, dr. Gawie Hobbs, raakgeloop.
    9 min
  • Nuwe orkes vir die Wynland
    Reghardt Kühn en dr. Louié Kühn vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die ontstaan van die Wynland Simfonieorkes, en die rol wat dit in die gemeenskap kan speel.
    14 min
  • Natale Roelofse se wedlope
    Haidee Muller-Isaacs gesels met Natale Roelofse, wat al sedert 1986 wedlope doen. Hy het al meer as 'n 1 000 wedlope voltooi en het meer as 76 000 km op sy klok gehad voor sy heupvervanging in 2019. Natale het al die hele Europa plat gedraf.
    12 min
  • Amos Jantjies se bokkoms
    Die bestanddele vir bokkoms is jong harders, growwe sout en vars water. Die vis moet in die soutwatermengsel lê vir drie tot vyf dae, afhangend van die temperatuur. Die bokkombedryf is goed op dreef en maak ‘n verskil in die lewe van talle Weskussers. Amos Jantjies is ‘n voorman by een van die vishuise in Bokkomlaan op Velddrif. Jacqui January gesels met hom oor die verskillende groottes harders, en hoe dit bepalend is in die eindproduk. Hy vertel ook hoe hulle die vis droog maak.
    8 min

About Driesestig

From the publisher's feed

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.