Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,471 episodes available.
June 16, 2022Riyaad se atletiekklubRiyaad Avontuur vertel vir Haidee Muller-Isaacs van die Bonteheuwel Atletiekklub wat hy begin het om kinders uit die kwaad te hou. Riyaad was langer as 18 jaar verslaaf aan dwelms, maar het pas ‘n toekenning ontvang omdat hy langer as 5 000 dae skoon is. Sy atletiekklub gaan nou van krag tot krag....more11minPlay
June 16, 2022Karen Muir, die swemwonderkindChris Steyl en Karike Human gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor Karen Muir, die swemwonderkind wat op 12-jarige ouderdom al ‘n senior wêreldrekord gebreek het. Nog 17 het gevolg teen die tyd dat sy sewentien was. Karike vertel van haar ma. Chris het ‘n boek or Karen saamgestel....more18minPlay
June 15, 2022Ivan Botha en Donnalee RobertsIvan Botha en Donnalee Roberts kuier by Johan Rademan en Martelize Brink in die ateljee, en gesels oor die verskeie projekte waaraan hulle werk....more20minPlay
June 15, 2022Skok oor Algoabaai se verdwene pikkewyneNatuurliefhebbers in Algoabaai het met skok gereageer op die nuus dat daar slegs sowat 2 500 brilpikkewyne op Algoabaai se St. Croix-eiland oor is. Enkele jare gelede was St. Croix die tuiste van die meeste brilpikkewyn-broeipare in die wêreld. Ronelle Friend, ‘n omgewingswetenskaplike van die Baai, het ondersoek gaan instel en foto’s van ‘n pikkewyn-verlate St. Croix op haar Facebookblad geplaas. Mariska Spoormaker het met haar gepraat....more10minPlay
June 15, 2022Wêrelddag Teen die Mishandeling van Ouer PersoneIrene Snell-Carroll praat oor Wêrelddag Teen die Mishandeling van Ouer Persone....more12minPlay
June 14, 2022Uit die buitekring: Pastoor Craven EngelPastoor Craven Engel vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sy rol in mediasie by bendegeweld....more9minPlay
June 14, 2022Somerset-Wes brand laat vyf huise in puinProf. George Claassen vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die onlangse brand by Somerset-Wes waar sy huis amper saam met vyf ander huise in die slag gebly het....more10minPlay
June 14, 2022Ken jou idiomeVan ‘n padda vere probeer pluk. Dis net die oortjies van die seekoei. As dit pap reën, moet jy skep. ‘n Paar mooi idiome in Afrikaans. Weet jy wat dit beteken? Hoor jy nog mense so praat? Jacqui January vertel van ‘n bordspeletjie om die gebruik van idome onder oud en jonk aan te moedig....more9minPlay
June 14, 2022Wie tolk so?Juanli Theron vertel van die tolkdienste wat die Universiteit Stellenbosch se Taalsentrum aanbied....more10minPlay
June 13, 2022Is rou kos goed vir jou troeteldier?Veearts dr. Ingrid de Wet praat oor rou kos vir troeteldiere....more13minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,471 episodes available.